Neem kortpad na jou skool en gebeurtenis deur op die skakels hier onder te druk.
Take a shortcut to your school and event by clicking on the links below.
Kortpad Lys / Shortcut Menu
KLEUTERSKOLE NURSERY SCHOOLS
Snipper Snip
Laerskool Constantiapark Gr R
Laerskool Garsfontein Gr R
Laerskool Monumentpark Gr R
LAERSKOLE
PRIMARY SCHOOLS
Laerskool Constantiapark
Laerskool Witpoort
Laerskool Monumentpark
Laerskool Garsfontein
HOËRSKOLE
HIGH SCHOOLS
Woodhill College
Hoërskool Garsfontein
Hoërskool Waterkloof
Success doesn’t come to you, you got to work on it!
Sukses kom nie na jou toe nie, jy moet daaraan werk!
NUUS & AKADEMIE NEWS & ACADEMICS
KYLA HET ‘N HART VAN GOUD
Laerkool Constantiapark se Kyla Terblanche
(Gr. 5) het ‘n deeltjie van haarself vir ander gegee deur 30cm van haar hare af te sny vir KANSA. Sy het self al ‘n paar mense naby haar verloor aan kanker en haar Oupa het tans ook kanker en toe haar Afrikaans-Juffrou, Adré, se sussie ook oorlede is aan kanker het sy besluit dat daar miskien iemand is wat sy kan help en moontlik ‘n kindjie iewers weer normaal kan laat voel as hulle ‘n pruik kan kry.Sy sê dat sy dit met liefde vir hulle almal gedoen het en glo iewers gaan iemand baie gelukkig wees as hulle ‘n pruik kan kry.
DRIE CP-SEUNS GEE VIR ALEXANDER ‘N GEPASTE STEM!
Drie Graad 7-leerlinge van Laerskool Constantiapark het vroeg in die jaar in die vak Lewensoriëntering ‘n assesseringsopdrag gekry om ‘n liefdadigheidsprojek wat ‘n verskil aan iemand anders se lewe maak, aan te pak. ʼn Gewone skoolopdrag het verander in ‘n lewensverrykende ervaring vir almal betrokke by die projek!
In Meimaand is ‘n insetsel op Carte Blanche uitgesaai wat vertel het van Alexander Avenant wat in Graad 1 in Nuwe Hoop Skool is. Na sy geboorte het hy beserings opgedoen wat hom verlam en stemloos gelaat het. Hy kommunikeer deur gebare en om geluidjies te maak. Die Carte Blanche program het spesifiek oor alternatiewe maniere van kommunikasie gehandel. Tydens die uitsending het Gerard Jordaan die geleentheid raakgesien om by te dra in Alexander se lewenskwaliteit as onderwerp vir hul Lewensoriënteringstaak.
Drie Graad 7-leerlinge van Laerskool Constantiapark, Johan Nel, Chris Engelbrecht en Gerard Jordaan, het besluit dit gaan hulle projek word om vir Alexander sy eie “stem” te gee. Tot op daardie stadium het Alexander gebruik gemaak van ‘n Afrikaanse volwasse mansstem wat vir hom saamgestel is deur die WNNR. Minstens het hy kon praat, maar ‘n Graad 1-seuntjie met ‘n diep mansstem was beslis nie die ideaal nie. Die drie graad 7’s het dit hul missie gemaak om aan Alexander ‘n seunsstem te verskaf wat meer by sy portuurgroep sou pas.
Na toetse en ateljee opnames deur die drie seuns en ‘n Laerskool Lynnwood maat wat betrek is vir sy mooi stem, Bernu Pieters, is Johan Nel se stem geïdentifiseer as werkbaar en moes hy dae lank in die Junievakansie teks lees vir opname in die Johannesburgateljee. Johan is ondersteun deur sy spanmaats, Gerard en Chris, op hierdie lang moeisame pad. Die woorde deur Johan gelees is verwerk na ‘n rekenaarpakket met ‘n stembank wat Alexander in staat kon stel om enige woorde in sy eie sinne mee te kan kommunikeer. Die stem is professioneel opgeneem en verwerk deur rekenaaringenieurs by die WNNR . Vanaf middel Oktober 2018 is “Bennie” , die sagteware Afrikaanse seunssstempakket, offisieel beskikbaar gestel vir die publiek se gebruik. Die geld wat die seuns ontvang het vir die stemprojek, is aan Alexander se ouers oorhandig om vir hom ‘n aangepaste badkamer volgens sy spesifieke behoeftes te kan inrig.
In hierdie maande van saamwerk en saam hoop en saam duim vashou dat die projek sal realiseer, het daar ‘n hegte band ontstaan tussen die drie CP-manne en Alexander! Einde Oktober is Alexander se stem aan hom oorhandig en sy onderwyseres van Nuwe Hoop-skool, Juffrou Stephanie Stander, het vir Alexander en sy skoolklas bekend gestel aan sy “nuwe” stem! Die projek is verder afgesluit toe sy drie vriende, Johan, Chris en Gerard, probeer het om Alexander se lewensdroom om sy kriekethelde te ontmoet, moontlik te maak. Alexander kon die Titans en hul afrigters soos Mark Boucher, persoonlik ontmoet. Hy het as eregas na die wedstryd gaan kyk tussen die Titans en Cape Cobras by Supersportpark op 23 Oktober.
Wat as ‘n doodgewone skoolopdrag begin het, het in ‘n buitengewone lewensingrypende pad verander wat al vier seuns se wêrelde verbreed het en ‘n onloosmaaklik band van vriendskap laat onstaan het. Alexander en sy drie CP-maats het saam ‘n nuwe dimensie van assesseringsopdragte ontdek: een waar punte irrelevant geraak het omdat die impak van saamstap op mekaar se lewens dit geword het wat harte aan mekaar gebind het!
Gerhard Jordaan, Johan Nell en Chris Engelbrecht by Super Sport Park
Alexander saam met sy
Juffrou Stephanie Stander
Alexander saam die krieketmanne
P5
P6
WISKUNDE: Wiskunde Departement se Omgee- projek na die HESC
Om International Charity Day te vier het die Wiskunde Department ‘n Omgee projek van stapel gestuur.
Een van die projekte was die HESC!
Hoedspruit Endangered Species Centre is daarna besoek deur die Graad 7 leerders op hulle Graad 7 Laeveld opvoedkundige toer.
Ruim skenkings met formule blikmelk en hand reiniger is oorhandig.
Die TV span van Diere Hospitaal op kanaal Via het dit ook op film vasgele en 3 van ons Garsies het hulle lywe filmsterre gehou en is mee onderhoude gevoer.
Ons GARSIES leef werklik ons Garsie waarde van OMGEE uit!
Onderwysersweek 2018!
Elke leerder het ‘n onderwyser wat sy/haar lewe positief beinvloed ! Verder weet ons mos dat:
Garsie Onnies die beste in wereld is!
Dis al tradisie dat Garsies maats en ouers ons onnies heerlik bederf gedurende Onderwysersweek!
Die personeel het soveel waardering daarvoor!
Garsie onnies; “ Julle maak die wereld ‘n beter plek! “
Pa en Dogter Bal
Laerskool Garsfontein hou hul eerste PA en dogter Bal op 27 Oktober 2018.
So ‘n pragtige aand!
Victors within
The week of 9 to 12 October saw Woodhill College celebrate the achievements of the Class of 2018 in the House Dinner and Grade 12 Valediction and prize giving assembly. At the House Dinner, Colin Smith (Head of High School) reminded Woodhill College of the following important lessons to be learned from eagles:
- Eagles have vision: they can spot another eagle soaring from 75 km away. One characteristic that is common to all shapers of humankind is vision. Without vision you cannot build a legacy.
- Eagles are fearless. As you build your legacy at Woodhill College and beyond, be fearless. Face challenges head-on believing that nothing is impossible.
- Eagles are tenacious. Other birds fly away from approaching storms while the eagle flies above them. Use the storms of life to rise to greater heights as you build your legacy.
- Eagles are high fliers: Only eagles fly to an altitude of 10 000ft. Eagles do not mingle with pigeons. As you build your legacy, choose to associate with fellow eagles. Choose to fly high.
- Eagles never eat dead meat. In other words, eagles do not live off the scraps left by others. Build a fresh legacy.
Inspiring addresses by Victor Vermeulen and Kenneth Checkley (Executive Head) at the Grade 12 Valediction and Prize giving called on us all to rise above our challenges to fulfil our destiny. Nadia Santosuosso was announced as the 2018 Woodhill College Dux Scholar.
Model United Nations Debate
“Freedom is hammered out on the anvil of discussion, dissent and debate.” H. Humphrey could not have said it better when used to describe the SAIIA Model United Nations Conference of 2018.
On 15 September, the team and our three speakers, Lolade Irinoye, Jahanvi Narwal and Michael Walker, led by Siyara Biseswar made their way to The University of Witwatersrand, where the debate would take place.
For some, the day was filled with disappointment, however for the delegation of South Africa, the same cannot be said. Woodhill College was able to promote and sponsor a resolution paper which was voted in by the majority, resulting in the teams’ Bronze winning of “Best Delegates 2018”!
We are incredibly proud of the combined effort of Woodhill’s debate team, not only for their accomplishment, but also for taking matters into their own hands and solving problems with their revolutionary ideas. Our team did not stop there; in fact, we have been invited by the NHSMUN to attend the United Nations headquarters in New York during March of 2019. We wish the team well and are overjoyed to call these game-changing, global citizen youth: Woodhillians.
Back row: Meluleki Dube, Obusisayo Zungu, Jahanvi Narwal, Lolade Irinoye, Aliya Abader, Michael Walker, Mukundi Makhado.
Kneeling front: Paballo Mphalele, Claudia Buitendach (teacher), Siyara Biseswar.
Garsies atlete skitter tydens NWU Top 30!!
Die room van Garsie atletiek het die naweek van 19/20 Okt in Potchefstroom gaan deelneem teen 65 top skole vanoor die hele Suid-Afrika. Hier het 2239 atlete dit uitgespook om tebepaal wie die kampioen gaan wees.
In die seuns kompetisie eindig die seuns 5de en meisies 7de en algeheel ‘n skitterende 4de plek.
Prestasies bo 1000 ABSA punte 8 atlete. Bo 900 punte was daar ‘n ongelooflike 16 Garsies wat die prestasie behaal.
Matt Nortje
Garsies is weereens die Beste Afrikaanse Skool
in Pretoria vir 2018!
Kyk hier hoe vier ons die wonderlike gebeurtenis!
Monnies Damesoggend
Op 17 Oktober het Monnies ‘n baie suksesvolle Damesoggend gehou by Woodhill Gholfbaan, die eerste van baie. Lindie Strydom het oudergewoonte ‘n inspirerende boodskap gelewer, wat ons net weer genoeg brandstof gegee het om die volgende maand of twee met geesdrif en vitaliteit aan te pak.
Isaac van Snyman Sjokolateur het die proses van sjokolade temper gedeel en met sy kwinkslae die monde behoorlik laat water. Coffeedotgo het deurentyd gesorg vir die heerlike cappucino’s en koffies. ‘n Smullekker kontinentale ontbyt het die innerlike versterk en was die geleentheid en tyd daar vir ou vriendinne om net lekker te kuier.
Ons hoop om hierdie oggend ‘n instelling te maak en dat ons volgende jaar sommer dubbel die aantal tafels sal hê. Baie dankie aan Marie Woest van Finanic vir die borg van die ontbyt, Anina Leonard van Elegant Creations in PVR vir die gelukkige pryse en Vaughn van Vaughn’s Creations vir die stylvolle dekor, ons waardeer julle betrokkenheid baie.
Anell Venter, Marika Matthéüs, Lindie Strydom, Lynn Mason en Liezl de Jager
Elize van Heerden, Annelise van Staden, Melanie Mckechnie, Cherine Schmidt, Cordelia Odendaal,
Voor: Karien Fourie
Monnies Flinkdink 2018
Wat ‘n opwindende aand het Monnies nie gehad op Donderdag, 6 September nie!
Tydens die kleurvolle neon-glansgeleentheid is Monnies se 2018 Flinkdink-kampioene aangewys. Mnr Pieter se Graad 5/E6 klas. Die wenspan het bestaan uit: Dylan Correia, Wilando Ferreira, Elri Grobler en Pieter Bezuidenhout. Hul span het die Flinkdink-wisseltrofee ingepalm en elke spanlid het ‘n R300-geskenkbewys as wenprys ontvang.
Die prys vir die besgeklede span is gewen deur Gr 4/E23 – die narre. Al die spanne het fantasties gelyk en dit was regtig moeilik om ‘n wenner uit te kies. Die prys vir die beste gees is gedeel deur Gr 7/D14 en Gr 7/E32.
Arnold Dippenaar wen die prys vir die snaaksste antwoord van die aand.
Arnold Dippenaar
Graad 4/E23: Lara Swart, Emma Buchner, Francois de Beer en Darius Baragwanath
Mach 4
Die Mach 4 span van Laerskool Witpoort is op 27 Oktober 2018 aangewys as die algehele wenners van die Streekskompetisie van die Jaguar Primary School Formula 1 Challenge wat by Sci-Bono in Johanensburg gehou is. Mev. Zanele Gulston die Wetenskap fasiliteerder vir Gauteng Noord Distrik by die Departement van Onderwys het die span kom ondersteun. Hulle kwalifiseer om aan die Provinsiale rondte deel te neem op 1 Desember 2018 en ons wens hulle baie sterkte toe.
Onder:
Pieter du Plessis (Sangari SA) agter saam met v.l.n.r voor Benita Schinkel, Christo Bester, Zed Lake, Lalique van der Vyver
Links:
Shannon Campbell with C Lalique vd Vyver, Mrs. Zanele Gulston, Christo Bester,
Zed Lake en voor Benita Schinkel
Gr R -Sentrum
Die Super CP’s van die Graad R-Sentrum maak reg vir groot avontuur wanneer die twee klassies Gr. RR-maatjies
saam kom speel en leer! Die Gr. RR gaan ‘n eie speel-kurrikulm volg, anders as die Gr. R-kurrikulum van die Gr. R-maatjies.
Pret gaan die hele Gr. R-Sentrum saam beleef, maar elke Graad gaan ook sy eie spore op die maan trap, want elke spoor is mos ‘n ander grote omdat elke lyfie ‘n ander padjie stap tot in Graad 1!
GR R: Gradeplegtigheid:
Tydens die Gradeplegtigheid het die volgende leerders hulle grade ontvang:
Arlise van Jaarsveld; Aiden Bosch; Cara-Lee Harmse; Alex Coelho en Jacques Botha
GR R: Hekkies:
Milande van Wijk seil oor die hekkie met Mikayla Bekker kort op haar hakke.
GR R: Medaljes:
Na afloop van die atletiekbyeenkoms het elkeen wat deelgeneem het ‘n sjokolademedalje gewen.
Ry 1: Berno Stopforth; Lana-Leigh du Toit; Franco Myburgh
Ry 2: Lené Wessels; Mieke Viljoen; Gilah Joubert; Julie-Anne Koopmans; Katli Phasumane
GR R: Naellope:
Stian Ballot hardloop dat die stof so staan met Zian Albertyn wat hom vinnig inhaal.
GR R: Optog:
Garsies Gr. R hou elke jaar ‘n optog voordat die atletiek begin.
Gr R Gradeplegtigheid
KULTUUR & LEIERS CULTURE & LEADERS
REDENAARS
Laerskool Constantiapark se redenaars-bekkies moet beslis jêm kry! CP se graad 5-span was verlede jaar in twee kompetisies nasionale wenners en
vanjaar is die span van Leah Viljoen, Leon Lubbe, Andries du Toit en Evert Greyling aangewys as nasionale wenners in die Artisticulta- en ook in die Oppi Tong af-kompetisie.
Redenaars is ‘n Rooikat-ding!
Leah Viljoen, Leon Lubbe, Andries du Toit, Evert Greyling
REVUE
Constantiapark se revue trap
spore ónder die maan!
Laerskool Constantiapark het ’n vrolike en feestelike veertigjaarfees afgesluit met ʼn veerkragtige kragtoer-revue ónder die maan! ʼn Verhoog is in die buitelug voor die pawiljoen opgerig en duisende toeskouers het vir vier aande die pawiljoen volgepak om die extravaganza van musiek, kleur en danse te geniet wat deur die Graad R- tot Graad 7-leerlinge aangebied is. Hierdie feestelike moment het in ʼn triomfantelike hoogtepunt geeïndig waarin die hele skool se leerlinge saamgekom het vir ʼn aangrypende klimaks waarin alle kleure kostuums van al die grade ʼn fenomenale skouspel van eenheid-in-verskeidenheid gebring het met ligballe in die donker nag wat selfs die man op die maan sou laat oorhel het oor die maanrand om mooier te kan sien! Hierdie afsluiting van die skool se veertigjarige fees het deur die naglug van die hele omgewing geëggo! cP’s se fees-leuse van spore op die maan trap het inderdaad ook onvergeetlike spore onder die helderste revue-maan geword waarmee veertig jaar veerkragtig vaarwel toe gewuif is!
Trompoppies
TROMPOPPIES
Anzé Pretorius hou Garsies se naam hoog by Trompoppies! Sy is deel van die “The Northen Stars” span en het die 2018 Flag of the year gewen en was genomineer vir Drummie of the year. Sy is ook vandag gekies as sub-leader vir volgende jaar se span in large en small drill. Baie geluk! Ons is trots op jou!
Gr 3 Kersmark
Woodhill College gives back
to the community
Big Walk Outreach – From left to right: Tshiamo Matlala, Nikita Hoffman, Rev. Theo Groeneveld, Mike Theunissen (Head of Primary School).
An amount of R70 000 was raised during the annual Woodhill College Big Walk, held on 12 June 2018. The proceeds were donated to Rev. Theo Groeneveld from the Emmanuel Presbyterian Church. The money will be put to good use for the many charitable organisations that the Church supports.
Little Miss South Africa
Newly crowned Little Miss South Africa, Melissa van Rooyen, with some of her prizes.
Woodhill College Grade 6 learner, Melissa van Rooyen, was crowned as Little Miss South Africa, on 6 October 2018. She won a fully sponsored trip to the World Championships of Performing Arts in Los Angeles next year July, where she will be one of the ambassadors for Team South Africa.
She has a lot of work ahead of her: functions and charity fundraisers, and she is not allowed to carry any other title during this year.
She is a proud ambassador for the Kidney Beanz Trust and supporter of the Hannah Charity Foundation, which she will be supporting throughout the year.
Heritage Day at Woodhill College pre-school
The preschool had been anticipating Heritage Day for several weeks as each class took part in the classroom door decorating competition. Congratulations to the Swallow Class and Teacher Angie for winning the preschool section of the competition.
Our staff and learners came to school dressed in the most beautiful traditional outfits and we celebrated Heritage Day with a wonderful assembly in the Auditorium and a grand parade across the stage by our learners in their traditional dress.
Our Executive Head, Kenneth Checkley, told us that we have learners representing 85 different countries at Woodhill College. That is truly something to celebrate!
Heritage day 3 – Front, from left: Julia Valero; Adrian Lausberg; Emily Molamudi (Teacher Assistant); Krishna Dayah and Amahle Xaba
Swallow Class Group 4 Janelle – Congratulations to the Swallow Class and Teacher Angie for winning the preschool section of the classroom door decorating competition.
Herwinningsprojek
Van links: Charlene Jafter, Matthew Jafter, Hellen Tshabala, Lindi van Rooyen, Shirly. Werkeres van Mpact. Mavis, Liezl Steyn, Nellie Visser. Werkers van Mpact.
Snipper snip het deelgeneem aan die mpact papier herwinnings projek. Al die skole in Pretoria neem deel. Ons ouers het vanaf Mei tot Oktober oor die 22 ton papier ingesamel. Ons wag inspanning om te hoor wie gewen het. Op die foto het ons van links Charlene Jaffter. Matthew Jafter. Hellen Tshabala. Lindi van Rooyen. Shirley. Werkers van mpact. Mavis. Liezl Steyn. Nellie visser. Werker van Mpact.
We Won!!!!!!!!!!!! Snipper snip het die herwinnings kompetisie teen Pretoria skole gewen. Ons prys geld R10 000.
Dr Toothlittle
Dr Toothlittle het ons skool kom besoek. Eers het hulle n vertoning gedoen om kinders te leer hoe om na hul tande te kyk. Almal het saam n liedjie gesing. Daarna was hulle in due tandarts bus geneem waar daar na hulle tande gekyk us. Ouers kry dan n verslag om hulle te laat weet of dit nodig is vir n ondersoek of nie. Elke kind het ook n geskenkpakkie ontvang met sy eie tandeborsel, tandepasta en speelgoed.
THE SUNFLOWER FOUNDATION
Ons skool samel geld in vir kinders met kanker deur n buff te koop vir die sunflower foundation. Ons maak ons eie tema en trek as seerowers aan. Die juffrouens en kinders het deelgeneem. Van links voor. Shirley. Carla van Zyl. Joanè Botes. Yolandi Henning. Dee Butler. Mavis. Agter. Charlene Jaffter. Balinda Brown.
Hier is nog ‘n foto van ons. Snipper – Snip – Super Heroes vir kinders met kanker fondasie.
Juffrou Dee Butler (Superwoman), Sekretaress Charlene Jaffter (Robin Hood), Juffrou Balinda Brown (Batwoman)
SWEMSKOOL
Baby swimming class: Instructor Hilary Nel with Dewen Steenkamp, Mbalentthle Mlambo with mother Lerato Mlambo
Kicking class: Instructor Chloë Campbell with Melusi Ncgobo, Ruben Jacobs,
Markus Van der Merwe, Danika Pfister
TALENTAAND
Op 20 September was die saal behoorlike volgepak vir Witpoort se talent aand. Soveel talent uit eie geledere het ons nie verwag nie. Die leerders het deelgeneem aan sing, dans, drama, klavier duette, instrumentaal en kuns. Die leerders en ouers het die aand terdee geniet. Daar is beslis baie talent in ons skool.
Edin Vogel (Sang)
Gedramatiseerde Groepspoësie: Agter: Marnus Steyn, Daniel Peck,
Luca Minaar, Crispen Bulozé
Lalique en Anri van der Vyver (Samespraak)
Yohke van Niekerk en Zanika Grobbelaar (Dans)
Milan Cloete (Buikspraak)
Carli van der Bosch (Dwarsfluit)
SENIOR EN JUNIOR KORE TREE OP
Monnies se Junior- en Seniorkore het vanjaar die geleentheid gehad om aan Laerskool Anton van Wouw se Koorfees deel te neem en saam met die bekende Jannie du Toit op te tree! Dit was voorwaar ‘n hoogtepunt in 2018 se kalender en optredes
LEIERS 2019
Die leiers vir 2019 is op 5 November met aangekondig. Die skool weet dat hulle met wysheid hulle taak sal aanpak en wens hulle sterkte toe.
V.l.n.r. agter: Chanel van Heyningen, Sophia-Marie Botha, Nadia Roets, Anje van Aardt, Lalique van der Vyver, Benita Schinkel, Annike Harmse, Elri Becker
V.l.n.r. voor: Stefan Cronjé, Christo Bester, Izak Cloete, Kaleb Vogel, Jean-Mari du Preez, Jacques Ferreira, Dawid Heunis, Lihan Bester
MONNIES KLEUTERSKOOL OLIMPIADE
Saterdag, 27 Oktober het Laerskool Monumentpark ‘n Mini Monnie Olimpiade aangebied vir die omliggende kleuterskole. Kleuters het kom deelneem aan gimnastiek, gholf, sakresies, land swem en nog baie meer. Dit was net ‘n lekker kuier oggend waar die maatjies die groot skool beter kon leer ken
Woodhill College 2019 High School Student Leadership Committee
Congratulations to the following learners who have been elected as student leaders for 2019:
Front row: Estelle Roodt (teacher), Nicky Govender (deputy head boy), Jacques Rautenbach (head boy), Mr. Colin Smith (Head of High School), Lolade Irinoye (head girl), Stefany Kupersan (deputy head girl), Kobus Cronjé (teacher)
Back row: Jenna Michael, Siyara Biseswar, Paballo Mphahlele , Deandrea Matthÿser, Aqeela Naidoo, Michael Walker, Aliyah Abader, Alice Karato, Alex Papageorgiou, Tiago Camara, Lebogang Mphago
MONNIES WEN GROOTFM SE LAERSKOOL MET DIE BESTE GEES!
Laerskool Monumentpark is Vrydag, 2 November aangewys as GrootFM se Laerskool met die beste gees. Baie dankie aan GrootFM, Ruben Delmage en sy span asook die borge van die Skool Met die beste Gees: Mit-Mak Motors, Beeld.com, MBT Petroleum, Dr Tooth Little en Laser Adventures. Welgedaan Monnies!
Foto: Mnr Salie Kritzinger (skoolhoof) en Juf. Anet Burns (organiseerder van die dag) ontvang die R20 000 wengeld en trofee vir Laerskool Monumentpark wat aangewys is as GrootFM se Laerskool met die beste gees vir 2018.
SPORT
Woodhill College learner world’s no. 2 golfer!
During July 2018 Woodhill College learner, Dujuan Snyman, participated in the prestigious Optimist Junior World Golf Championships held over three days from 19 to 21 July in West Palm Beach Florida USA at the famous PGA National Golf Resort. After 3 days Dujuan finished 2nd and is officially the world’s No. 2 Junior Golfer! Others to have participated and won this tournament include our very own Ernie Els in 1984 and Tiger Woods in 1985, so his achievement is truly outstanding.
Dujuan Snyman
Netherlands Hockey Tour
This year two senior hockey teams headed to the Netherlands to represent Woodhill College at a hockey festival. The Dutch take their hockey to the next level and because our teams played against them, and with some of their players on our teams, these teams we were forced to play as hard as possible.
The sports clubs these players were privileged to see were amazing, it was an experience like no other and we shared so much with the other teams learning new thing about each other. Even though this was predominantly a hockey sports tour, they also got to do some great sightseeing. Watching a European Hockey League game at AJAX stadium and enjoying a trip to Efteling.
This was an incredible experience for all our players and the memories will live on forever. Thank you to all the teachers that made this possible.
Woodhill hockey at the astro at Cartouche Hockey Club in The Netherlands.
Woodhill hockey getting ready for a bicycle tour of The Hague.
Woodhill College preschool Mini-Olympics
One of our favourite days in the Woodhill College preschool is the day we have our Mini-Olympics.
Everyone gathers on the athletics oval where lots of exciting events have been set up. The athletes eagerly await the arrival of the Olympic flame, carried by our Grade R learners, which signals the opening of the games.
The learners all have a chance to participate in each event such as hurdles, shot-put, javelin, sprints and equestrian to name just a few.
There are two refreshment stations along the way and the day ends with the learners singing the preschool song and receiving an Olympic medal.
Group 4 Equestrian Race
Krieket
Laerskool Constantiapark se Krieketakademie spog met 4 spelers in provinsiale streekspanne: Simoné Lourens (Gr. 5); Janicke J van Rensburg (Gr. 6); Jacques J van Vuuren (Gr. 6) en GJ de Swardt (Gr. 6).
CP se SA-landloopkampioen se voete ken van vasbyt!
Laerskool Constantiapark se SA-landloop-kampioen, Liané Smit, moes einde April ‘n verrassings-voetoperasie ondergaan. Na 2 weke in gips en 4 weke in ‘n maanstewel was haar spore op die maan in die lug vir rus en herstel en kon eers weer voete af vir oefen in die tweede week van die Julie-vakansie, maar toe sy wegtrek was daar geen keer aan haar nie! Na die vakansie het sy die landloopligas ingeryg sommer reg verby die Super 12-byeenkoms, waar sy as naaswenner geskitter het, tot Noord-Gauteng-kampioen en toe stop sy eers vir asem toe sy in Port Elizabeth die SA-kampioen is! Liané, is ‘n CP- vasbyt-voorbeeld!
Boogskutter
Die Worlds Field Archery Kompetisie (WFAC 2018) het plaasgevind 8-12 Oktober by Elgro River Lodge buite Potchefstroom.
Daar was omtrent 24 lande en 400 boogskutters van verskillende kategorieë.
Charl van Heyningen (14) ‘n oud skolier van Laerskool Witpoort en huidige skolier van Hoërskool Waterkloof het SA verteenwoordig as Protea skut en ‘n algehele 1e plek in Junior Male Bowhunter Unlimited (JMBU) (13-17jaar) – A klas kategorie verwerf.
Sportmeriete Aand
Die Senior Sportmeriete aand van Laerskool Witpoort het op 25 Oktober 2018 plaasgevind.
Die Sportseun van die Jaar is André Meyer.
Die Sportdogter van die Jaar is Corel-Bee van der Wath.
Die Victor Ludorm vir 2018 is Gustav Combrink.
Die Victrix Ludorm vir 2018 is Hester Gondwe.
Foto 1: Andre Meyer – Sportseun 2018
Foto 2: Corel Bee van der Wath – Sportdogter 2018
Foto 3: Gustav Combrin, Victor Ludorm 2018
Andre Meyer – Sportseun 2018
Corel Bee van der Wath – Sportdogter 2018
Gustav Combrin, Victor Ludorm 2018
Hester Gondwe, Victrix Ludorm 2018
Perdry
Garsfontein is vir die 5de jaar in ‘n ry aangewys as die beste Skool op ‘n Nasionale basis. 945 skole het deelgeneem op ‘n Nationale basis. 3504 ruiters het met 4119 perde in 50571 klasse deelgeneem gedurende die jaar.
Die Nationale kampioenskappe het vanaf 28 September tot 6 Oktober plaasgevind met meer as 5000 klasse gedurende die week.
Garsfontein ruiters het gedurende die week verskeie klasse gewen en is dus in verskeie klasse SA Kampioene.
Mia Joubert is die Victrix Laudorum wenner in die kategorie Grade 10-12 sowel as die beste Matrikulant in Suid-Afrika aangewys.
Sowaar ‘n puik prestasie!!
Foto: Mia Joubert
Jukskei
Die SA Top Schools-toernooi het hierdie jaar vanaf 23-28 September 2018, tesame met die Indigenous Games, in Polokwane plaasgevind. Daar was vier sportsoorte wat in hierdie kompetisie teen mekaar deelgeneem het, naamlik Jukskei, Kgadi, Khokho en Marabaraba. Die Garsie O/19-meisiespan van Gauteng Noord het teen Wes Rand, Sentraal Gauteng en Oos Gauteng uitgespeel en die wenner het uiteindelik Gauteng verteenwoordig. Daar was nege O/19-meisiespanne wat hulle onderskeie provinsies verteenwoordig het en jukskei teenmekaar gespeel het. Die Hoërskool Garsfontein se meisiespan, bestaande uit Anje van der Merwe (kaptein), Carlie Jordaan, Shae-Sinise Fraser, Chanté Pretorius en Hemarie du Toit, het hierdie landswye toernooi gewen en ‘n goue medalje vir die Gautengprovinsie verower. Me Susan Booyens was die afrigter en me Heidi Cellarius die spanbestuurder van hierdie span. Voorwaar ‘n uitstekende prestasie!
Foto: Garsie Jukskei Span en Bestuurder
Fietsry
Die Fietsry span van Garsfontein Hoërskool word vir die tweede agtereen volgende jaar gekroon as die Algehele Wenners van die Spur MTB Skole Reeks.
By Hoërskool Garsfontein is fietsry ‘n kleinsportsoort wat ses jaar gelede met vyf entoesiastiese fietsryers begin is. In 2014 is fietsry geregistreer as ‘n amptelike sport by die skool en in dieselfde jaar word Garsies vir die eerste keer genooi na die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe te Hoërskool Bekker en daar het Garsfontein 34ste geëindig. Tydens die 2016 seisoen het Garsfontein verder verbeter om algeheel 17de te eindig. Die dogtersspan is 15de geplaas en die seunsspan 9de. Om goed te presteer in die Spur MTB Skole Reeks moet elke ryer konstant goed presteer in elk van die vier wedrenne. Die top skole word bepaal na die vier provinsiale wedrenne en hierdie skole word dan na die Nasionale Kampioenskappe genooi. Garsfontein eindig algeheel tweede in Gauteng vir die 2017 en 2018 seisoen. Daar word twaalf fietsryers aangewys om die skool te verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe. Hierdie span moes voorberei om teen die beste bergfietsspanne in Suid-Afrika deel te neem. Die formaat is ‘n “cross-country” baan van 4-6 kilometer met verskeie tegniese hindernisse. Beide seuns en dogters ding mee in verskillende ouderdomsgroepe deur die loop van die dag. Tydens die gala-aand is Hoërskool Garsfontein bekroon as Nasionale Kampioene vir 2018.
Met harde werk, kameraderie, entoesiasme, geloof en positiewe Garsie gees is alles moontlik.
Foto: Garsie Fietsry Span
O/10A IS LIGA WENNERS - KRIEKET
VLNR
Voor: James Roets, Christiaan Huggett, Henk Luüs, Mnr Stephan Bronkhorst (afrigter), Lourens Meintjies, Louis van Wyngaard, Arno Weber
Middel: Dieter du Preez, Eben Uys, Juan Fourie, LJ Ryan
Agter: Daniel Haughton, Hannes Stander, Daniel Murray
O/11 C3 SEUNS LIGAWENNERS - TENNIS
VLNR
Voor: Anneke Wyma, Jana van der Merwe, Jessica Baumer, Wilmarie Nolte
Agter: Thalia Viljoen, Dominique Bekker, Juf Selma van der Westhuizen (organiseerder), Emma Grant, Julia Volschenk, Coach Willie van der Westhuizen, Danielle Meiring, Mikayla Scheepers
OOP DOGTERS B2 & C2 - LIGAWENNERS - TENNIS
Voor (sit): Dieter du Preez, James Roets, Heinrich Ebersohn, Wian Nolte
Agter: Caleb Donsignore, Conrad Lucas,Juf Selma van der Westhuizen (organiseerder), David Kruger, Coach Wille van der Westhuizen (afrigter), Hannes Stander, Emile Labuschagne
NETBAL
SA Protea Fast Five – kyk hoe speel ons Garsies!!
Garsies wen Fast Five Toernooi by AHMP – GROOT GROOT PRESTASIE!
KRIEKET
Die drie seuns: Nathan du Plooy, Xander Venter en Zizwe Khumslo het die O/11 Titans Krieketspan gehaal. Baie geluk! Tannie Netta van die Snoepie het die manne bederf met geskenkpakkie!
BONDEDAG / JUKSKEI
Garsies verteenwoordig Gauteng Noord tydens Bondedag Seuns behaal 1ste plek Dogters n 2de plek.
Seuns v links na regs: Ruan Enslin, Emil Coetser, André J v Rensburg, Jan-Hendrik Jordaan, afrigter Lucas Bester.
Dogeters:Anke Olivier, Zania de Villiers, Marghereet Visser Lize-Marie Rheeder, afrigter Alta vd Westhuizen
LANDLOOP
Die volgende atlete het Garsfontein se naam hoog gehou tydens die SA kampioenskappe in PE die jaar.
Leandri Pretorius, Meagan Snyman, Daniel Janse van Rensburg, Elri Dirkse van Schalkwyk, Niel Erasmus,
























































































































WhatsApp us