Neem kortpad na jou skool en gebeurtenis deur op die skakels hier onder te druk.

Take a shortcut to your school and event by clicking on the links below.

Kortpad Lys / Shortcut Menu

KLEUTERSKOLE NURSERY SCHOOLS

– Parkieland

(Laerskool Menlopark)

– Laerskool Anton Van Wouw

Pre-primêr / Kleinwouwtjies

LAERSKOLE
PRIMARY SCHOOLS

Laerskool Anton Van Wouw

Laerskool Menlopark

HOËRSKOLE
HIGH SCHOOLS

TuksSport Highschool

Pretoria High School for Girls

Hoërskool Menlopark

Success doesn’t come to you, you got to work on it!
Sukses kom nie na jou toe nie, jy moet daaraan werk!

Click on the links to see the adverts.

NEWS & ACADEMIC

NUUS & AKADEMIE

P4

ASTRO QUIZ

ASTRO QUIZ

SAASTA (South African Agency for Science and Technology Advancement) bied jaarliks ‘n Astro Quiz vir Gr. 7-leerders aan.

Skole van regoor Suid-Afrika skryf spanne van 4 leerders in om hul astronomie-kennis te toets. Die eerste twee rondtes van dié jaar se kompetisie is in Pretoria gehou. Laerskool Anton van Wouw se span het as distrikswenner gekwalifiseer om aan die Provinsiale rondte deel te neem. Uit 50 deelnemende skole, stap ons Wouwtjies met ‘n uitstekende 4de plek in Gauteng weg! Welgedaan aan hierdie 4 leerders!

Mikal Venter, Mari Mennen, Ruben Strydom en Marco Roos het ons skool by die Astro Quiz verteenwoordig.

JONG WETENSKAPLIKES BLINK UIT

15 leerders van Laerskool Anton van Wouw aan die jaarlikse Gauteng-Noord Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem.

Die leerders het hulself as ware ambassadeurs van ons skool bewys en hulself puik van hul taak gekwyt.

Die volgende uitslae is behaal:  

Damian McDonald
  • Kara Heyl
  • Joey de Witt
  • Dewan Taut
  • Eras Schutte l.n.r. is soos van bo na onder.
Larissa Prinsloo
  • Suzanne van Wyk
  • Taryn van den Berg
  • Ané Burger
  • Niencke Bloem
  • Damian MacDonald
  • Isabelle van Wyk                      

V.l.n.r. is soos van bo na onder.

  • Marco Roos
  • Ruben Strydom
  • Claudine Myburgh

Milandri Schutte l.n.r. is soos van bo na onder.

 

LAERSKOOL ANTON VAN WOUW ONTVANG
TOP-TOEKENING IN DIE

ABE BAILEY TWEETALIGHEIDS-

KOMPETISIE

Taryn van den Berg en Leandry Smith

Vier van Laerskool Anton van Wouw se leerders het aan die jaarlikse Abe Bailey-tweetaligheidskompetisie deelgeneem.

Elke leerder berei ‘n toespraak, in beide Engels en Afrikaans voor. Uit die beste toesprake word finaliste gekies. In die finale rondte trek die leerders ‘n onderwerp en moet binne 10 minute ‘n toespraak skryf, een minuut in Afrikaans. En een minuut in Engels.

Baie geluk aan die volgende leerders met hul PUIK prestasie tydens die Abe Bailey-Tweetaligheidstoespraakkompetisie:

  • Leandry Smith – Algehele eerste plek
  • Taryn van den Berg – Algehele derde plek
  • Datis du Preez
  • Milandri Schutte

Laerskool Anton van Wouw is aangewys as die algehele wenner van die kompetisie.

Wouwtjies

skitter in

Internasionale

Afrikaans-Ekspo

 

Die 2018 Afrikaans-Ekspo is ’n vertoonkas vir die skryftalent van víér Gr. 7-Wouwtjies wat kategorie-wenners in hul onderskeie afdelings is:

Niencke Bloem             – Kortverhaal (Goud)

Adriaan Venter            – Beskrywende Opstel (Goud)

Mikal Venter                  – Opstel (Goud)

Milandri Schutte         – Dagboekinskrywing (Goud)

Verder verwerf die Wouwtjies ’n hele mandjie van 9 goue-, 6 silwer- en 4 brons-toekennings!

Om só te skep in óns taal, laat Wouwtjie-harte baie trots klop!

Katergoriewenners:

Milandri Schutte; Adriaan Venter;
Niencke Bloem; Mikal Venter

Goue sertifikate:

Mari Mennen; Milandri Schutte; Adriaan Venter;
Niencke Bloem; Mikal Venter;
Lize-Marie Alant

Silwer sertifikate:

Milandri Schutte; Charloné Neuhoff;
Mikal Venter, Kara Heyl

Brons sertifikate:

Milandri Schutte en  Kara Heyl

Super 6-Akademiese Uitdaging

Hoërskool Menlopark hou jaarliks dié Super 6-Akademiese Uitdaging, waar 12 laerskole van die Ooste genooi word om deel te neem.

By die Hoërskool moes óns twee spanne, (die Blou en die Rooi span), en die ander skole se spanne teen mekaar kompeteer in verskeie vlakke, soos Afrikaans en Engels, Wiskunde, Biologie en Wetenskap, asook leierskap en algemene kennis. Daar was 16 spanne in totaal.

Anton van Wouw se Rooispan is op die einde van die dag as die algehele wenners aangewys met die Blouspan in die tweede plek.

Elke deelnemer het ‘n medalje ontvang en die wenspan het ‘n pragtige groot trofee ontvang.

Rooispan

Voor: Ulrich Coetzee, Neil Grobbelaar, Lalique Hofmann

Agter: Zea Aucamp, Meiring van Zyl, Sebastiaan Steenekamp.

MENLO MAAK TAKE WAT SAAK MAAK

Die Noord-Gauteng Wetenskapekspo is op 18 en 19 Augustus in die Rembrandtsaal van die Universiteit van Pretoria aangebied. Agtien van Die Hoërskool Menlopark se projekte is tydens hierdie spoggerige geleentheid uitgestal. Menlo kraai koning en verwerf ses brons-, agt silwer- en vier goudtoekennings, asook drie spesiale toekennings. Leanné Rademeyer ontvang ʼn goue toekenning met haar projek oor sonkeratose en word aangewys as die wenner in die kategorie Mediese- en gesondheidswetenskappe. Hiermee ontvang sy  ʼn R1000-kontantprys van . Ampath. Nika Eybers en Nicole Laubscher ontvang ook ʼn goue toekenning met hulle projek oor die opvang van reënwater en word aangewys as een van die beste vier projekte in die Afrikaanse  Wetenskaptaal. Die wonderlike eer val Evah Fourie te beurt om  ʼn goue toekenning in te palm, aangewys te word as naaswenner in die Innovasie- en tegnologiekategorie, asook om verkies te word vir deelname aan die Nasionale Wetenskapekspo gedurende die komende Oktobervakansie. Hiermee ontvang sy  ʼn R400-kontantprys van SAAB Grintek Defence vir haar projek wat handel oor  ʼn sleepwa reddingstelsel. Hanlie Botha en Marnel Janse van Rensburg het ook nie op hulle laat  wag nie, en ontvang  ʼn goue toekenning vir hulle mikrobiologieprojek oor die voorkoms van bakterieë in informele kosstalletjies. By Menlo is  akademie deel van die pret!

Evah Fourie

Marnel J v Rensburg & Hanlie Botha 

Leanne Rademeyer

Nicole Laubscher & Nika Eybers

Vir Menlo-matrieks maak akademie die verskil!

Vir Menlo-matrieks maak akademie die verskil!

Menlo-matrieks is gereed vir die eksamen en al die uitdagings wat in die lewe op hulle wag. By die jaarlikse akademiese prysuitdekingsfunksie is uitstekende akademiese prestasies van die  leerders gevier wat tydens hulle 12 jaar op skool uitsonderlik met harde werk en  deursettingsvermoë afgerond het.

Eben Benadè is aangewys as Dux Leerder vir die beste akademiese prestasie in Graad 12 met sy  gemiddeld van 93.1%, Marianne Oberholster ontvang die toekenning van die tweede beste  prestasie in graad 12. Haar gemiddeld is 91,45%. Die Dux – toekenning vir veelsydigste meisie in  Graad 12 word gedeel deur Elita van Staden en Embeth du Toit vir hulle besonderse bydrae op  die gebied van sport, kultuur, akademie en leierskap. Die Dux-leerder-veelsydigtse seun van 2018 was die hoofseun Tiaan Kruger wat in sport, kultuur, akademie en leierskap uitgeblink het.

Voor:
VLNR: Elita van Staden en Tiaan Kruger

Agter:
Embeth du Toit, Eben Benad en Marianne Oberholster

NUWE LEIERS

Nuwe Hoofseun en dogter van 2019

‘n Boodskap van ons hoofseun en –dogter.
Buiten dat dit ‘n eer is om van so wonderlike skool verkies te word as hoofleiers, is ons dankbaar vir die vertroue wat die skool in ons gestel het.

Ons wil die skool dien om ‘n beter mens te wil wees as wat ons gister was. Ons neem die verantwoordelikheid van ons pligte maar sal ook verantwoordelik wees vir die uitkomste daarvan. Ons dien met trots!

LINKS:  Carli McDonald
BO: Reghardt van Biljon

Karmen Wiid, 'n ware Menlo-Digter in Graad 11

Karmen Wiid, ‘n ware Menlo-digter in Graad 11, is as algehele wenner van die FAK se Internasionale Afrikaanse Ekspo 2018 aangewys met haar gedigte wat sy in die poësie-afdeliing ingeskryf het. Ons wens hierdie wel-ter-tale Parkie baie geluk met die wyse waarop sy met gevleuelde woord haar merk maak, nie net hier op Menlo-bodem nie, maar sommer internasionaal in Afrikaans. Karmen was in 2018 ook redakteur van die skool se skooltydskryf “ Die Eggo” wat elke termyn verskyn en aan die hele skool uitgegee word. Haar skryftalent het reeds waarlik ‘n Eggo gemaak in die wêreld. Sien die gedig wat sy onder andere ingeskryf het:

Oggendgedagtes op ʼn klein plasie in die Vrystaat

Karmen Wiid

vanoggend
toe kom sit ʼn engel
op die rand van my koffiebeker
en loer
skepties
na die half-gedrinkte
(half-koue)
kaffeïen
asof sy haar geboë vlerke daarin wil doop
om die vorige aand
se sondes af te was

dalk flankeer selfs engele
in die moeras
van menslike
ellende

Dit is dalk radikaal, maar Ruben kan praat!

Ruben van der Merwe, ‘n graad 10 seun van Die Hoërskool Menlopark is aangewys as die nasionale wenner van die Radikale Redenaars kompetisie. Tydens die het sprekers van reg oor die land woorde vir hierdie gesoggte titel gewissel en baie mensings is uitgespreek en radikale uitlatings is gemaak. Ruben kan egter sy woord gestand hou en het die nou praat jy beoordelaars betower met sy aanslag tydens sy aanbieding. By Menlo kan jy jou sê maar sê, daar is altyd iemand wat luister, iemand wat saam met jou stem en iemand wat radikaal van jou verskil. So neem ons standpunt in – nou praat jy!

WISKUNDE

Bricsmath help leerders om hulle probleemoplossingsvaardighede te verbeter en buite die normale dinkpatrone te dink.
Hierdie kompetisie word aangebied as ‘n internasionale kompetisie sowel plaaslik.

Laerskool Menlopark het 27 leerders vir die kompetisie ingeskryf.

Ons skool se wenner: Ryan Hills Graad 5
Tweede plek: Daniëlle Hogg Graad 6
Derde plek: Daniëlle de Wet Graad 6

Ryan Hill ontvang sy gelukwense van me. Desiré Klopper (wiskunde onderwyseres)

Daniëlle Hogg ontvang haar prys.

Daniëlle de Wet ontvang haar prys.

UP-Tuks under-15 football team wins FAP Gold Cup Tournament

The UP-Tuks under-15 football team was victorious on Saturday in their FAP Gold Cup  Final beating the Mintlangu/Blue Stars 6- 2.

The final score at Tuks does not tell the full story. The first half was a tightly contested  affair with both teams having had opportunities to score but failing to do so.

Thomas Masombuka, UP-Tuks coach, admits to having a serious talk with his players during the halftime break.

“I could see the players were quite nervous so first I got them to calm down a bit.  Reassuring them that they had played better than the scoreboard  suggested. Then I  reminded them to stick to the basics. ”

Judging by what happened the players took Masobuka’s words to heart. The UP-Tuks  players certainly played with more confidence. After scoring the  second goal, there were  no stopping them.

A smiling Boitimelo Magano (UP-Tuks captain) said afterwards that it is a game he will remember for a long time to come.

“It was a good learning experience on how to handle pressure.  I am sure it is going to  stand us to good stead for future games. I think the game’s  turning point came about after halftime when we slightly changed our game plan. We made sure we stayed tight and not concede any goals.”

Lindo Mbokazi had a field day during the second half completing hat-trick of goals. He  considers his first as his best.

Mbokazi is not sure as to how many goals he scored during the  tournament but  estimates that it could be twenty.

Unfortunately, things did not go according to plan for the UP- Tuks under-17 team. They  got outplayed in their final losing 4-1 against Glenwegians/PHSOB.

The UP-Tuks under-11 team is flying out tomorrow to play the PH Alme lo Tournament in the Netherlands. 20 teams from all over Europe will be competing.

Coach, Kabelo Mokoena, is a realist not viewing results to be the be and end all.

“At their age, it is more important to look at the team’s performance than the results. It is  easy to win games when you are under 11, but that is not what is essential. You want the players to improve.

“It is critical for young players to be exposed to international soccer at such a young age  as it gives them an opportunity to realise how their level of play compares to the standard in other countries.

“They will be exposed to quite a few different playing styles.

Any good player got to be able to adapt to whatever happens on the field at any given time.

Parkies se leerlinge gee met ‘n oop hand…hulle gee om!

PASCH Initiative

On Wednesday, 24 October, the ZfA (Zentralstelle fürs Auslandsschulwesen) celebrated the 10th anniversary of the PASCH Initiative. This initiative allows Partner Schools in Germany and many German-teaching schools across the globe to interact with each other, exchanging ideas, letters, e-mails and sometimes even learners.

 

PHSG, being such a Partner School, was happy to be part of the celebration. For this event, our German girls gathered in front of the school and set free approximately 100 bio-degradable balloons in the German colours (red, black and gold).

 

Attached to some of these balloons, were PASCH postcards.  Keep an eye out wherever you go for these very valuable postcards (example on the left). Should anybody find such a postcard, you are encouraged to fill in your details and post it, as you may be the lucky winner of some cool German goodies.

PASCH Initiative (2) Caption 1: PHSG releases 100 bio-degradable balloons to celebrate the 10th anniversary of the PASCH Initiative.

PASCH Initiative (1) Caption 2: Dr Winfried Spanaus from the ZfA addressing learners who take German as a subject.

Consumer Studies Olympiad

PHSG is extremely proud of our Grade 12 learner, Shannon Campbell. Shannon was placed 3rd in the overall Consumer Studies Olympiad that took place from 9 to 10 October.

5000 learners wrote the Olympiad and the top 20 were invited to the Finals, where they wrote a second exam to determine placements. Shannon was awarded gift vouchers from Prue Leith

Academy and Pick and Pay, as well as with various gift bags and recipes books.

Consumer Studies Olympiad Caption: Shannon Campbell with Consumer Studies Teacher, Mrs Lubie, at the Consumer Studies Olympiad

SPACE INVESTIGATORS

31 Teams competed on Saturday, 13 October 2018, for the opportunity to be able to compete in the

National FLL (First Lego League) competition which will be held in Johannesburg from 30 November  this year.

PHSG entered 3 Robotics teams, Orbeez, Andromeda and a combined team, Hey, that’s Us!, which is comprised of girls from Girls’ High and boys from PBHS and Maragon College.

This year’s topic was space and the teams chose to resolve various problems encountered by the astronauts. The competitions are platforms for learners to develop innovative thinking for complex problems.

Orbeez took the Strategy and Innovation trophy, Andromeda took Innovative  Solution and Hey,

That’s Us! took the trophy as overall winners.

Of the 31 teams that competed on the day, 8 were chosen to compete in Nationals at Sci-Bono, in Johannesburg. This includes Hey, That’s Us! and Orbeez.

By Yolanda Mtimkulu (Grade 11) and Jasmine Beeforth (Grade 8)

Orbeez winning the Robot Strategy and Innovation Prize

Mole Day

On 23 October PHSG Celebrated Mole Day. A mole being the SI unit measuring the quantity of a substance, most often used in Chemistry to measure really, really small things like atoms or molecules. With the theme Moley Potter, staff and students alike dressed for the occasion. Breakfast was served at exactly 6:02 am and learners from PHSG, Boys’ High and a variety of other schools gathered at the Pavilion to celebrate the day.

Fun Facts:

One mole of any substance contains 6.02×1023 molecules or atoms of that substance. A mole of Basketballs would be the same size as our planet! One mole of paper would make a stack that would reach to the moon more than 80 billion times! If there were a mole of rice grains, all the land area in the entire world would be covered with rice up to a depth of about 75 meters!

Bottom: Learners Dress for the Mole Day theme Moley Potter

Matric Valediction

By Grace Mngadi (Grade 12)

Matrics and their support structures entered PBHS school hall, feeling as though it were heaven – little candles lit the steps.

 

Deputy Head Girl for 2018, Kiese Mpasa, gave a moving speech about what it means to be a woman and, moreover, a woman at PHSG. It was poetic and inspiring. Tshegofatso (Tshego) Matlou cried during her Head Girl’s speech and this led to everyone else quietly weeping too, until all laughed at Tshego’s awkward blowing of her nose!

 

It finally hit everyone that the path at Girls’ High had reached its conclusion for them and the guest speaker, Mrs Grobbelaar, took a no-nonsense approach and pointed out that in order to succeed in life it would take GRIT.

 

Of course, this is not nursery school and not everyone was going to receive an award, but everyone was happy to support and applaud for the learners who did. They cheered when the best candidates were called up and moaned sympathetically when some of their peers stumbled up or down the unfamiliar staircase.

 

The girls were charmed by the silver Iris discs and mementoes. What a lovely little gift from the school! After the two hour service, everyone crowded around the tea tables. The highlight, for many, was the support from all the people there. The positivity was palpable.

Valediction Caption: 2018 Headgirl, Tshegofatso Matlou (left) and 2018 Deputy Headgirl, Kiese Mpasa (right) with guest speaker, Tessa Grobbelaar.

Kleinwouwtjies se Lente Dag

Die lente breek aan in Kleinwouwtjieland… oupas en oumas, ma’s en pa’s én die res van die gesin kom vier saam fees!

Eerste op die spyskaart, is ’n wonderlike konsert, waar bekkige kleingoed sing en gesels… die gehoor skater oor die oulike sêgoed en vee skelm ’n traantjie af as die “te-oulik-vir-woorde” faktor sêgoed en vee skelm ’n traantjie af as die “te-oulik-vir-woorde” faktor té veel word.

Die kersie op die koek is die heerlike saamkuier onder die bome, terwyl die klein Wouwtjies baldadig speel en baljaar.

Toe huistoegaantyd aanbreek… en almal eintlik nog ’n bietjie wou bly…

Weet ons: “ Wat ’n féés…om ’n Wouwtjie te wees!”

Kyk hier hoe lekker hou ons konsert!!

Sing in Harmonie- koor-kompetisie

Anton van Wouw Kinderkoor sing almal se harte vuurwarm!

As n jaarlikse hoogtepunt, neem dié koor sonder uitsondering reeds sedert 2015 deel aan die Sing in Harmonie- koorkompetisie op Kyknet, wat gereken word as die grootste koorkompetisie in die land. Kore word tydens hierdie spoggeleentheid die kans gegun om hul talente op nasionale televisie ten toon te stel.

Sedert Koormeester Vaughan van Zyl, voorheen verbonde aan die Drakensbergse Seunskoor, in 2015 aangestel is as koormeester van die Anton van Wouw Kinderkoor, maak die Wouwtjies skoon skip by  Sing in Harmonie!

In 2015 tree die koor as landswye wennersuit die stryd van die nasionale Sing  in Harmonie-kompetisie.  Die reëls van die kompetisie bepaal dat die Anton van Wouw Kinderkoor tydens 2016 nie mag deelneem nie, maar hulle het wél die voorreg om tydens die finale rondte as gaskunstenaars ‘n item tydens die regstreekse uitsending te lewer.

In 2017 word hulle aangewys as die nasionale kampioen vir kore in die informele afdeling. Beslis ‘n besondere prestasie!

Kyknet kom na afloop hiervan vorendag met die konsep van ‘n Kampioen van die Kampioene kompetisie, waar al die wen-kore van Sing in Harmonie (sedert 2014) teen mekaar kompeteer vir die eer om as beste koor in hul kategorie aangewys te word. Tydens die regstreekse, nasionale uitsending van hierdie unieke geleentheid, word die Anton van Wouw Kinderkoor beloon vir hul toewyding en harde werk deur as die beste Seniorkoor in die Informele kategorie in Suid-Afrika oor die afgelope vier jaar bekroon te word! Die kultuurgeskiedenisboeke by Laerskool Anton van Wouw is inderdaad herskryf.

In 2018 besluit Koormeester Vaughan van Zyl om ‘n nuwe uitdaging aan te pak en skryf die Anton van Wouw Kinderkoor in die formele afdeling van Sing in Harmonie in. Op 11 Mei 2018, stap hul weereens met die louere weg as die episode- wenners in hul kategorie en dring gevolglik deur na die Finaal van

Sing in Harmonie vir 2018. In die finaal presteer die koor weereens en word hulle aangewys as die wenkoor van die Noordelike provinsies.

Die kombinasie van Koormeester Vaughan van Zyl se besondere kundigheid, die toewyding van die koor  se organiseerders, Mee Liezel Botha en Johani Labuschagne en elke koorlid se deursettingsvermoë en getroue, harde werk, verseker dat dié baie spesiale erflating in die koorkultuur van Laerskool Anton van Wouw ‘n blywende indruk laat.

Besoek aan Swede

Laerskool Anton van Wouw Kinderkoor het vanjaar die voorreg gehad om Swede te besoek. Die koor is uitgenooi as gaskunstenaars van die “Star of Life” konsert wat jaarliks in Swede aangebied word.

Die kinders het vir twee dae besoek afgelê in die skole, waar hulle deelgeneem het aan die akademiese aktiwiteite. Ons leerders het met groot gemak ingeskakel en spontaan deelgeneem  in die klasse, en sodoende bewys dat Suid-Afrikaners met gemak op internasionale vlak kan funksioneer.

Ons skool is hartlik ontvang en die koor het tydens die een opvoering ook ‘n staande ovasie ontvang vir die puik koorsang.

Kalskrona – Swede

Kooroptrede by “Star-of-Life”-konsert

KULTUUR & LEIERS

CULTURE & LEADERS

Manjifiek Menlo-maskers

Die revuegroep van Die Hoërskool Menlopark het hierdie jaar wyd en syd opslae gemaak met hulle topproduksie wat oorborrel van entoesiasme en talent. Hierdie groep dansende singende Parkies het op Woensdag, 12 September deelgeneem aan die finale rondte van die Lefra-revuekompetisie in die Big Top Arena by Carnival City. Hierdie kompetisie word  landswyd geloods en elkeen van hulle is ongelooflik trots op die nasionale tweede plek wat hulle verower het. Die Menlo revue is ‘n fees van pret, sang, dans en vriendskappe. Volgens al die revue-leerders is hulle soos een groot familie en elkeen van hulle was jammer toe die einde van hierdie jaar revue aangebreek het.

Menlo-Skaakspelers spog met skaakmat in SAJCC-Spanne

Tshwane Chess het Saterdagaand hulle jaarlikse merieteaand aangebied. Hierdie aand sorg vir groot opwinding aangesien die SAJCC-spanne vir 2018 aangekondig word. Skaakspelers neem  dwarsdeur die jaar aan skaaktoernooie deel, om merietepunte te versamel waarvolgens Tshwane Chess hulle in A-, B- of C-spanne indeel. Vier van ons leerders is tydens hierdie prysuitdeling soos volg vereer:

o/16’s: 
A-span: Leri Botha ontvang `n gouemedalje vir haar plek in die A-span asook die silwertro fee in  die o/16-meisiesafdeling.

B-span: Chantelle Ferreira  

o/18 ‘s: 
B-span: Donald Oosthuizen en Barend van Dyk (ontvang ook ‘n silwermedalje vir sy plek in die o/18B-span).

Barend van Dyk, Leri Botha, Donald Oosthuizen, Chantelle Ferreira

Gauteng Action 24 Model Legislature

By Mr Smit

On 19 October, the South African Institute of International Affairs hosted the first ever Gauteng Action 24 Model Legislature debate, modelled to realistically resemble Provincial Parliament. This is a brand new and entirely unique concept, whereby the youth of Gauteng is given an opportunity to have their voices heard as they play a vital role in compiling a working document on governmental legislature. Not only is this a fantastic learning opportunity, but the document compiled by the cooperating delegations is actually sent to the Gauteng Government.

The theme for the day was ‘Not Too Young to Lead – Merging Global Issues with Localised Issues Faced by the Youth of South Africa’. Kgaugelo Mkumbeni, Bonolo Moikanyane and Lehlogonolo Letshela were our well-spoken participants for the day, and the event was also chaired by PHSG Old  Girl Joyce Bongongo.

Typically in Model UN debates we are assigned a country to represent; that was not the case this time around. Instead our young ladies represented Pretoria High School for Girls and could freely raise their own concerns, offer their own input and present their own suggestions.

It was an event unlike any other we have ever attended. With undergraduate students from UP, UJ and Wits taking part, we were ever so slightly out of our comfort zone.

Things were not made better when our girls were split up into three separate commissions (Environmental Affairs, Human Settlements and Tourism) and could no longer rely on each other’s support.

Though undeniably nervous and overwhelmed, they pushed through, said what they came to say and learned as much as they could from this awesome event. As  the day came to a close, our ladies  themselves were perhaps the most surprised of anyone in the room when, against all odds, they were awarded the prize for First Best Delegation of the day.

Action 24 Model Legislature Caption: Kgaugelo Mkumbeni, Lehlogonolo Letshela and Bonolo Moikanyane took first place for Best Delegation

Eisteddfod on the Performing Arts

By Mrs Russell:

PHSG would like to congratulate Amy Van Harte for her participation in the Eisteddfod on the Performing Arts in September and October as well in Dans in Jou Taal, a national competition  which is televised on Kyknet.

For the Eisteddfod her results were as follows:

Modern Charater Set Solo: A+

Modern Contemporary Set Solo: A

Mondern Jazz/Straight Solo/Champs : A+

Modern Lyrical Contemporary Solo/Champs:

Modern Characer Solo/Champs

Modern Jazz/Starlight Duet Trio Quartet – Amy’s own choreography: A+

Modern Contempory Duet Trio Quartet : A++

Then for group work

Modern Jazz: A++

Modern Contempory: A

For Dans in Jou Taal Amy participated in three group categories and her groups were announced as winners of the Jazz category, winners of the Contemporary category and Overall National Winners of the show.

Amy van Harte Caption: Amy Van Harte at Dans in Jou Taal”

Skoolgereedheid

Skoolgereedheid is ‘n proses wat alreeds met geboorte begin.

Hierdie proses het ten doel om ’n kleuter in staat te stel om al die uitdagings, hetsy sosiaal, emosioneel, fisies, kognitief en ook perseptueel, baas te raak.

So ‘n kleuter se ontwikkeling het ‘n stadium bereik waar die kleuter sal kan baatvind by formele leer.

Die Kleuterskool se rol is om te verseker dat voorvaardighede vir leer ontwikkel. Dit is soos die boustene wat nodig is vir formele leer.

Dit is belangrik dat hierdie voorvaardighede op kleutervlak, asook op ‘n spelende wyse aangebied word.

Vandag se kleuters word egter in ‘n kompeterende, snelgroeiende wêreld groot. Die uitdagings aan ouers en onderwysers is groot.

Daarom is dit by Parkieland so belangrik om die proses vir al ons kleuters makliker te maak. Ons ouers gesels graag met die Juffrouens hier by die kleuterskool – ons ken die uitdagings en help graag!

Net so is speeltyd ook belangrik vir kleuters se ontwikkeling. Daardeur word al die ontwikkelingsareas gestimuleer vir skoolgereedheid.

Fantasiespel is tog so lekker vir maatjies Phiané Wentzel, Mia Labuschagne en Abigail Kraamwinkel.

Stephan Erasmus konsentreer hard op die “monkey bars.”

Kuns van Portchie

Parkieland kleuterskool sien DUBBEL

Parkieland Kleuterskool het die jaar op ‘n hoë noot begin vir die rede dat daar so baie tweelinge, asook ‘n drieling is wat by ons skool ingeskryf was vir die jaar 2018.

Die kleuterskool het al dikwels in die verlede ‘n hele klomp tweelinge in die skool gehuisves, maar hierdie jaar was ‘n rekord. Parkieland spog met ses oulike tweelinge, asook ‘n pragtige drieling! Die Juffrouens moes soms mooi kyk om die kinders van mekaar te onderskei.

Dit was omtrent ‘n groot taak om hulle almal vir ‘n foto stil te laat staan. Die jongste tweeling was maar twee jaar oud en die ander se ouderdomme wissel tussen drie en vyf jaar oud.

Dit was ‘n jaar vol dubbele pret en trippel plesier hier by Parkieland! Ons is mos bekend vir ons prettige manier van dinge doen!

 Hier is die vrolike klompie op die speelterrein van die skool.

Die kleingoed is Adriaan en Ané Truscott, Joshua en Reuben Dafel, Brendon en Abigail Kraamwinkel, Lily en Connor Gildenhuys, Gabrielle en Mika Heyns, Riekard en Luan van Rooyen en Rudolf, Carl-James en Izé van Rooyen.

Drie van die tweelinge, asook ons drieling, beweeg volgende jaar oor na Laerskool Menlopark se Gr. 0 Sentrum waar hulle gaan wys hoe Parkieland hulle voorberei het vir nóg meer leer en groei.

Redenaars

Praat is seker nie vir elke Jan Raap en sy maat nie…miskien in jou eie kamer, maar voor vreemde mense…nie so maklik nie.
Oppie Tong Af Nasionale Finaal het onlangs plaas gevind en 2 van Parkies se leerlinge is as wenners gekroon:
Barbara du Toit Gr.7 English Prepared WENNER
Rulé van der Merwe Gr. 7 English Unprepared WENNER

Rulè van der Merwe en Barbara du Toit

Ons kyk terug op nog ’n besige jaar by Parkieland. ‘n Jaar gevul met pret. ‘n Jaar vol herinneringe wat ons kleutermaats vir lank sal onthou. Kyk saam met ons na ons foto’s wat van al die lekker aktiwiteite wat ons in 2018 aangepak het.

Jessie Botha is in groot verwondering oor die honde van DOGZ ‘R COOL wat ons kom vermaak het met hul toertjies.

SW Visser spog met ‘n veer wat hy opgetel met met hul uitstappie na die Pretoria Botaniese Tuine

Jannelie Vermaak en Dylan Smith plant ‘n Vaderlandswilg in ons tuin vir Nasionale Boomplantdag.

Mia Prinsloo geniet die springkastele op Kaskardag terwyl Lea-Ané Liebenberg ons speelterrein ontdek.

Die hoogtepunt van hierdie jaar was voorwaar ons nuwe Lammetjieklas. Ons kyk met groot trots en vreugde na al die mylpale wat ons nuwe kleuters in die jaar bereik het. Daarom is ons ook baie opgewonde oor die groot suksesse wat ons nuwe 2-3 jarige maatjies in die Lammetjie- en Kalfieklas in 2019 gaan bereik.

Nielen de Bruin rus ‘n bietjie tydens die Pretloop sodat hy nog baie rondtes kan stap.

Mia Oosthuizen geniet die Waterkaskenades.

Erich Olivier leer die Mobile Zoo se diere van naderby ken.

HOOGTEPUNTE

WAT MAAK ONS SKOOL SO LEKKER?

 

Baie pret | Speel | Maats | Minsame Juffrouens |Hartswaardes

Pretloop | Paasete | Ouma- en Oupa Dag | Kaskardag | Waterkaskenades | In- en Uitstappies | Kuierdag | Borrelpret | Waatlemoenfees

NIGHT OF THE PROMS

By Jasmine Beeforth (Grade 8)
On 10 October, the day of the school’s birthday, the Night of the Proms was held in the Hall, to celebrate t PHSG’ss birthday and to welcome Mrs Erasmus as the new Principal.

Rousing music was played by the orchestra and ensembles and there was further colour added by the senior and junior dance groups as well as the choirs. A poem was dedicated to Mrs Erasmus to conclude the items.

The night then ended with many thank-yous and gifts given to all those involved in the organisation of the events, as well as many tearful farewells to the Matrics of 2018.

Radikale- en Oppie- Tong-Af Redenaars sê dit ... in Afrikaans!

30 Redenaars van Laerskool Anton van Wouw het 13 Oktober deelgeneem aan die Radikale Redenaars Nasionale Finaal te Hoërskool Garsfontein. Die Radikale Redenaarsfees streef daarna om vir almal die geleentheid te bied om voor ’n gehoor op te tree deur ’n toespraak te lewer. Tydens dié kompetisie, het daar 1200 individuele leerders en 169 spanne deelgeneem. Die Wouwtjies behaal 15 1ste plekke, drie 2de plekke en vier 3de plekke. Milandri Schutte, graad 7, is aangewys as die nasionale wenner in agt afdelings, dit is voorwaar ’n puik prestasie!

Tydens die Oppie-Tong-Af Redenaars se Nasionale Finaal, het die woorde behoorlik van die leerders se tonge afgerol. Die Wouwtjies behaal ses 1ste plekke, een 2de plek en ’n 4de plek. Hartlik geluk aan ons redenaars wat met harde werk, toewyding en deursettingsvermoë uitstekend presteer het tydens die kompetisie.

Welgedaan, Wouwtjies!

RADIKALE REDENAARS: 1ste plekke:

V.l.n.r.: Voor: Lisa Ferreira; Roné Josling; Ruan Vorster; Nicolas du Plooy; Hermann Kluge;
Ruhan Friedrich; Leandry Smith; Michon du Preez.

Agter: Adriaan Venter; Milandri Schutte; Taryn van den Berg; Mia Pronk; Anderson White

Afwesig: Damian McDonald; Rijanli Oerlemans

RADIKALE REDENAARS: 1ste plekke:

V.l.n.r.: Voor: Lisa Ferreira; Roné Josling; Ruan Vorster; Nicolas du Plooy; Hermann Kluge; Ruhan Friedrich; Leandry Smith; Michon du Preez.

Agter: Adriaan Venter; Milandri Schutte; Taryn van den Berg; Mia Pronk; Anderson White

Afwesig: Damian McDonald; Rijanli Oerlemans

RADIKALE REDENAARS:

V.l.n.r.: Amelia Pretorius; Ruhan Friedrich; Katia Botha

RADIKALE REDENAARS: 3de plekke:

V.l.n.r.: Voor: Rikus Pretorius; Ruan Nieman; Stegmann Joone; Michael Naudé; Nicolas du Plooy.

Agter: Miné Naude; Cara Breytenbach; Taryn van den Berg; Minke van Heerden

Afwesig: Mia Lisa-Belle du Plessis.

OPPI-TONG-AF REDENAARS: 1ste plekke:
V.l.n.r. Voor: Krisjan du Plooy; Ruhan Friedrich
Agter: Mia Pronk; Milandri Schutte
Afwesig: Sandy Prinsloo

OPPI-TONG-AF REDENAARS: 2de plek: Ruan Vorster

OPPI-TONG-AF REDENAARS: 4de plek:

V.l.n.r. : Ruhan Friedrich; Katia Botha; Kiki Butler; Hermann Kluge

Laerskool Anton Van Wouw se Juniorkoor blink weer uit

Die Wouwtjie Juniorkoor het weereens bewys dat hulle ‘n formidabele koor is om mee rekening te hou. Hulle is vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners van die ATKV se Applous-koorkompetisie aangewys Altesaam agttien skole in Gauteng het aan die kompetisie deelgeneem.

Die prestasie is soveel te meer prysenswaardig, as in aanmerking geneem word dat meer as ‘n kwart van die koor bestaan uit nuwe lede, (die meeste van hulle graad eentjies), wat maar sedert die begin van die jaar in ‘n koor sing.  Kommentaar van die beoordelaars was onder andere dat dit by tye klink asof dit ‘n seniorkoor is wat sing, dat die ritme van Asblik Affêre aansteeklik is, en dat die begeleiding deurgaans pragtig en gepas is. Die lof vir hierdie prestasie kom hoofsaaklik die uiters bekwame dirigent, dr. Riekie van Aswegen, toe. Sy het “Asblik Affêre” gekomponeer en ook  die Afrika-liedere verwerk. Ons  begeleier,  me. Betsie Schaap, is ook uit die boonste rakke.

Orkes

Laerskool Anton van Wouw het in Januarie 2018 met sy eie orkes begin, van ongeveer 25 leerlinge Gr.1-7 leerders, wat verskeie instrumente bespeel. Die instrumente wissel van viole, trompette, kitare, elektriese kitare tot xilofone en ’n glockenspiel. Hul het aan die Arts@sussex Music festival deelgeneem en goud verwerf. Dit is ‘n uitstekende prestasie, aangesien die orkes slegs 6 maande aan die gang is. Baie geluk aan elke Wouwtjie wat so hard oefen!

Skaak

Michal Oosthuizen (Gr. 7-leerder van Laerskool Anton van Wouw) verteenwoordig Suid-Afrika tans by die Wêreld Jeug SkaakKampioenskappe in Halkidiki, Griekeland in die “Onder 14-Ope Kategorie”. Die kategorie bestaan uit 137 spelers van regoor die wêreld, wat vir elf uitdagende rondtes hul beste skuiwe gaan maak. Lande, van Albanië tot Kazakstan, Peru tot Slovakye, en vele meer neem deel aan die kampioenskappe. Dit is Michal se vyfde wêreldkampioenskap – hy het ook al in lande soos Brasilië, Roemenië, Indië en Georgia gespeel.

Michal het ook onlangs in Kisumu, Kenia aan die “Afrika Jeug Skaakkampioenskappe” deelgeneem, waar hy ‘n brons medalje en “Candidate Master” skaaktitel verower het in die o.14 Ope Kategorie.

Michal glo sy geheime wapen is die Suid-Afrikaanse biltong waaraan hy peusel terwyl hy speel.

SPORT

Foto 1:
Francois du Plessis, Deorg Lategan en Andrew Ross met die seunstrofee.

Foto 2:
Andrew Ross in aksie

Op Saterdag 13 Oktober is die jaarslikse Lentegala by Die Hoërskool Menlopark aangebied. Die skole wat deelgeneem het is as volg: Menlopark A, St Benedicts, Northcliff High School, Oranje Meisiesskool, Southdown College,Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Garsfontein, Menlopark B, Helpmekaar Kollege en Hoër Volkskool Heidelberg. Met die bewolkte weer as agtergrond het die swemmers aangetree vir ‘n kompeterende swem-ervaring en van die beste swemmers in die land kon die Menlo water aandruf. Bykans 15 rekords is by hierdie gala verbeter en die swemmers het almal hulle heel beste gegee. Na ‘n dag van harde swem is die seunskompetisie se trofee deur Menlopark se A-span weggedra, die Menlo-meisies het die  meisies se kompetisie gewen en die spankompetisie is ook deur Menlo gewen met Menlo B-span in die tweede plek. Menlo meisies het o/17 4X50m Wisselslag aflos se rekord verbeter. Hulle is Chanté Cornelius, Catherine Wilcocks, Suné v Jaarsveld en Andria Zietsman.

Andrew Ross van Menlopark is aangewys as die Victor Ludorum. Na hy die volgende rekords verbeter het:

Seuns o/17 50m Borsslag, Seuns o/17 100m Vryslag en Seuns 0/17 200m Individuele Wisselslag

Menlo-atlete se worpe is reeds uit die blokke!

Madibaz Bestmed Die Punt Top 10 Vanaf 27 September tot 2 Oktober het die Menlo-atlete in Mosselbaai gaan deelneem aan bovermelde byeenkoms en skitterend presteer. Ons is baie trots op die algehele eersteplek wat Menlo kon losslaan met Hoërskole Brackenfell en Outeniqua in die tweede- en derdeplek. Die Menlo-atlete het die uittog Kaap toe baie geniet en dit was vir hulle ‘n voorreg om teen skole deel te neem wat hulle nie noodwendig gewoonlik op die atletiekbaan teëkom nie. Van die atlete het uitsonderlike prestasies behaal onder die prestasies is as volg: Deacon du Preez, seuns o/14 het die skyfwerp gewen met ‘n afstand van 53,20meter, asook die gewigstoot met ‘n afstand van 17,56 meter. Lesedi Khunou het dogters o/14 skyfwerp gewen met ‘n afstand van 38,60 meter. Kevin Lock wen die seuns o/15 skyfwerp met ‘n afstand van 47,41 meter, Bodine Gegli-Umberte wen die gewigstoot-item vir dogers o/16 met ‘n afstand van 15,08 meter. Liam Pavier behaal ‘n afstand van 48,44 vir seuns 0/14 skyfwerp en ‘n afstand van 16.03meter vir seuns o/14 gewigstoot. Atletiek is alreeds vol aan die gang en vir almal wat aan atletiek wil deelneem is reeds op die bane om die lewe, die lente en talente te vier.

Voor VLNR:

Liam Pavier, Deacon du Preez, Aiden Smit

Agter: VLNR:

Lesedi Khunou, Bodine Degli-Umberti, JAnita Eva (Afrigter) Tjaard Breed, Markus Kotzee, Lohan Potgieter

Menlo maak netbal pret vir almal wat tekkies het!!

Menlo maak netball pret vir almal wat tekkies het!

Een van die uitsonderlik Menlo-mal momente op Menlo se netbalbane is die Tekkielympics wat op dei netbalbane aangebied word. Almal wat tekkies het en ‘n bal kan vang daag op vir heerlike netbal. Die spanne bestaan almal uit seuns en meisies en elke span kies ‘n tema, interessante spandrag en ‘n kreet! Meeste van die manne is verbaas oor hoe moeg ‘n netbalwedstryd ‘n man kan maak en is maar te dankbaar wanneer die eindfluitjies blaas. Gelukkig het rugby-oefeninge handig te pas gekom en lynstaan-vaardighede is toegepas sodat die balle meters hoog onderskep kon word, wat natuurlik die netbalspelers onkant gevang het. By Menlo is netbal nie net groot nie, dit is groot pret!

Foto:

Paccilympics span wat bestsaan uit

VLNR:

Voor: Valere Mombers, Theo Malan, Jeanette Venter

Agter:

Bea Loubser, Carla Erasmus, Dete Schutte, Monique Labuschagne, Niel Beukes, Wiaan Mans

Sekgodiso wants to improve her best 800m time at the Youth Olympics

Every time Prudence Sekgodiso (TuksSport High School) steps onto the track to race, she got only one goal, and that is to win.

 And on most occasions, she does precisely that. Her positive approach led to her dominating the local under-18 races over 800 metres. Sekgodiso is not sure, but she thinks she might have only been beaten once on the track. She has been equally ruthless in cross country races.

 That is why Grade 10-learner has been selected to represent South Africa at the Youth Olympic Games in Buenos Aires, Argentina (6-10 October).

 A definite highlight for her was winning the 800 metres at the South African Junior and Youth Championships. Her breakthrough race was in March when she competed at the Liquid Telecom Grand Prix Meeting in Roodepoort. Racing against the likes of Caster Semenya she finished fifth in 2:06.96.

 Semenya (1:54.25) and Gina Lofstrand are the only two local 800m-athletes to have run faster times this season.

 The TuksSport High School athlete also won a bronze medal during the African Youth Games in Algiers but is honest in her assessment of her race.

 “It was not a good race. My time was certainly nothing to get excited about. Running 2 minutes 10 seconds is bad,” said Sekgodiso promising to be faster at the Games.

 “I think I am capable of at least running 2 minutes 04 seconds.”

 If she does, it could mean that she could end up being one of the top eight 800m athletes at the Games. So far this season only eight youth athletes in the world have managed to dip under 2 minutes 05 seconds.

 The twins, Thobile and Thulisile Amon, who are her regular training partners confidently predict that she will run the time she is aiming for.

 “We might be in matric, but Prudence is a role model to us. It is inspiring to train with her and to see her race,” said Thobile Amon.

 Being twins, they can’t help but complete each other sentences or often interrupting the other when “singing” Sekgodiso’s praises.

 “Nothing seems to faze Prudence. What happens happened she is never one to wonder what could have been. When she has a bad race, she immediately puts it behind her. All that matters is the next time she has to race better,” said Thulisile Amon.

 Thobile Amon hastily adds that Sekgodiso does not allow herself to be intimidated.

 “We have been privy to hear athletes making bold predictions before a race as to the times they intend to run. Prudence will just listen, saying nothing. It is like let’s go race and see if you can do what you are saying you are going to do. And then she outruns them.”

 

TuksSport High School judoka bags gold in Russia

 If there is one thing, Donné Breytenbach (TuksSport High School) truly hates it is to lose a judo fight. For her, it is just not on.

 Taking that into account it should be no surprise that she won a gold medal over the weekend Tyumen International Cadet Competition in Russia. An elated Nikola Filipov (Tuks head coach) describes it as the best result of her fighting career.

 “To be able to win in Russia is a big deal as judo is a major sport in Eastern Europe,” explained Filipov. According to him, 700 judokas from 14 countries competed.

 Breytenbach was pushed out of her comfort zone. She usually fights in the under-52kg category, but over the weekend she decided to move up a weight category competing in the under-57kg category.

 “I will be honest it was tough having to fight bigger and stronger rivals. It meant that I had to change my fighting style. I had to be more clever. Thinking before doing. Having Nikola next to the mats helped as he is a brilliant strategist. He also has a way to ensure that I remain calm when fighting,” explained the TuksSport High School learner.

 During December Breytenbach will be representing South Africa in the Region Five Tournament. She will be competing in the junior category which is under-20. She is confident of getting a good result.

 Earlier this year during the African Junior and Cadet Championships in Burundi she won bronze medals in the cadet (under-17) as well as the junior (under-20) categories. In the build-up to the championships, she also competed at a Budapest Cup Tournament where she took the bronze medal.

 Thomas Breytenbach, her twin brother, was fifth over the weekend. He is reasonably satisfied with his performance as his goal was to gain as much experience as he can.

 “At the moment I am the forever student of judo. That is why it is important I make the most of every opportunity I get to compete internationally. I am sure everything I am learning will stand me to good stead in accomplishing the only real goal I have, and that is to compete at the Olympic Games. Hopefully, it can be at 2024.”

Filipov rates Thomas Breytenbach as one of the real deals of South African judo. The reason for doing is Breytenbach’s absolute dedication.

 “He will train seven days a week if need to and never complain doing so.”

 Apparently, it not through choice that the Breytenbach twins got to compete in Russia. Every judoka who fought over the weekend was personally invited. Earlier this year a Russian coach was so impressed by their dedication during a training camp in Baja that led to them getting the opportunity to compete in Tyumen.

 

 

Coetzee and Mundell can’t wait to dive in at the Youth Games

The UP-Tuks swimmer, Duné Coetzee, admits there will be butterflies fluttering in her tummy when she dives into the pool for her first race during the Youth Olympic Games in Buenos Aires.

It is not a case of her being nervous doubting her abilities, but more about anticipation. Sort of an adrenaline rush waiting to happen. It has been five months since the 16-year old has competed at the Gold Coast Commonwealth Games and a lot has changed. She feels stronger and faster. Now she got to prove that it is not only her imagination.

Coetzee said the most important thing she learned from her participation at the Games is that she belongs in the international arena.

“I know now that at a major international gala you got to swim at your best every time. You won’t qualify for a final by saving yourself in the heats. It is flat out from the start. Cameron van der Burgh told me that you always got a chance to win no matter who is swimming next to you.

“The competition during the Games was amazing. I got to improve my best time in the 200m-butterfly to 2:12.38 and swam some of my fastest times in the other events I competed. To compete in the 4x200m-relay in which the Aussies broke the Commonwealth-record was a special experience. All that excitement led to me swimming 2:03.32 which is also best for me.”

Since the Games Coetzee has started doing some gym work. According to her nothing major the focus being mostly to improve her explosive strength.

“When swimming, I can feel that I am faster over 50 metres and that I am able to sustain that speed for longer periods. So, yes, I am excited to compete at the Youth Games because it is one thing to train and something else to compete.”

Coetzee will be competing in all three the butterfly-events (50m, 100m and 200m) as well as the 200m-freestyle and the 400m-freestyle. Her primary goal will be to try and qualify for as many finals as possible.

Christin Mundell (TuksSport High School) will also be competing at the Youth Games.

Earlier this year during the South African National Junior Age Group Championships in Durban Mundell won six gold medals (50m-breaststroke, 100m-breaststroke, 200m-breaststroke, 200m-freestyle, 400m-freestyle and 200m individual medley).

At the Games, she will compete in all three breaststroke events as well as the 200m individual medley.

According to Rocco Meiring (coach), he will be happy if she gets to swim the same times she swam during the national championships. If she does Mundell will have a realistic chance to qualify for the semi-finals or even a final.

James Freeman (TuksSport High School) will be representing Botswana at the Games.

 

 

 

 

 

Perdry

Leandre Smith het op Nasionale vlak aan die SANESA skole Ruiterskou deelgeneem en het 2 eerste plekke en ‘n derde plek behaal.

Krieket

Amoné het in graad 4 (2015) by Anton van Wouw begin krieket speel vir die o.10 A-span. Sy is toe gekies vir die Northens o.13A meisiespan.

In 2016 speel sy vir die o.11 A-span by Anton van Wouw en word as bouler van die jaar aangewys. Sy word ook weer vir die o.13 Northens meisiespan gekies.

In 2017 word sy weer vir die Northens o.13 meisiespan gekies en ook as kaptein aangewys.

In 2018 speel Amoné vir die skool se eerstespan krieket.

Sy word gekies vir die o.13 Northens meisiespan en word weer as kaptein aangewys.

Amoné was ook die “Bouler van die jaar” in 2017 en 2018 by Sinoville krieketklub Damespan.

In 2018 het sy ook die voorreg gehad om twee wedstryde saam met die Northens o.19 dames te speel.

Krieket & Rugby

Die o/11 seuns pronk nie net uit op die rugbyveld nie, maar op die krieketveld is hulle ewe tuis.
Al die seuns het met drie trofees in rugby gespog en spog nou sommer as Gauteng-Noord krieket spelers.
Matt van der Westhuizen, Mathew Seymore , Tiaan Serfontein is vir die o/11 Gauteng span gekies…voorwaar ‘n prestasie as daar in aggeneem word dat ……
In die o/12 groep is Ivan Rumashu gekies en op o/13 vlak is Benjamin Strydom en Uys Prinsloo as Gauteng spelers gekies. Uys Prinsloo is ook opgeneem in die top Standard Bank-span.
Foto:
Voor: Matt van der Westhuizen en Mathew Seymore
Agter: Ivan Rumashu, Tiaan Serfontein en Benjamin Strydom.
Uys Prinsloo was afwesig…sit sy foto apart.

Bo:  Krieket Prov 2018

Regs: Uys Prinsloo

Landloop

Spur verras Parkies met ‘n “bust” en die landloop, atlete kry sommer ‘n lekker sappige burger vir hulle voorbereiding vir S.A’s. Ook is die media leiers beloon met ‘n lekker Spur burger!

Tobie Loots het nie die kans laat verby gaan om saam met die Spur Mascot hande te vat nie.

Judo

Hier by Parkies is daar geen genade vir enige verontagsaming van reëls nie. Die twee boeties het S.A titels gewen in hulle verskeie ouderdomsgroepe.
JW Erasmus het Advanced SA Schools Judo Championships goud gewen in sy kategorie U/9, U46 Kg en jonger boetie Kean Erasmus het die Novice SA Schools Judo Championships, goud gewen in sy kategorie U/6, U/24 Kg.

JW Erasmus

Kean Erasmus

United Nations of Jujitsu

PHSG congratulates Mia Coombe for securing a bronze medal in Ground Work, after participating as part of the SA President’s Team at the United Nations of Jujitsu World Congress Championship, in Gibraltar during the October school holidays.

 She also participated in the South African Jujitsu Championships (SAJJC), hosted in Kempton Park where she won a gold medal in Ground Work and a bronze medal in Cumite (Stand-up fighting). 

Ju Jitsu Mia Coombe Caption: Mia Coombe (right) at the United Nations of Jujitsu World Congress Championship

WhatsApp WhatsApp us